‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Die visie van St. Andrew’s Primer sluit in dat opvoeding ondersteun word deur ‘n uitnemende buitemuurse sportprogram. Deelname asook blootstelling aan die opwinding van kompeterende sport is vir ons belangrik.

Die sportdoelwitte by St. Andrew’s Primer is die volgende:
  • Maksimale deelname
  • Vaardigheidsontwikkeling vir alle leerders
  • Kundige en entoesiastiese afrigters
  • Gesonde kompetisie oor ‘n wye front
  • Talentontginning
  • Prestasie is nie ’n maatstaf op sigself nie, maar moet die gevolg van  suksesvolle toepassing van bogenoemde wees
  • Uitnemende sportfasiliteite

Die skool bied tans die volgende sportkodes aan:
(die skoolprogram laat toe dat leerders aan meer as een sportkode per seisoen kandeelneem)

Somersporte

Atletiek

Krieket

Skaak

Golf

Wintersporte

Rugby

Netbal

Landloop

Skaak

St. Andrew’s se atletiek bereik jaarliks hoogtes en pak gereeld nuwe uitdagings aan. Ons Interhuis byeenkoms vind aan die begin van die jaar plaas waar alle leerders aangemoedig word om aan dié sport deel te neem.

Die Grondslagfase sowel as die seniorfase neem jaarliks aan verskeie byeenkomste deel en behaal uistekende uitslae.

Die grondslagfase speel mini-krieket en die seniorfase speel hardebal krieket. 

Die skool het  verskeie mini -krieketspanne en  senior spanne.

Die atlete wat aan die Boland-liga deelneem kan provisiale kleure verwerf omdat St. Andrew’s  in die Boland streek val.

By St. Andrew’s Primer is netbal lekker!

Van onder 7 tot en met onder 13 het ons spanne. Ons afrigters is net so lief vir netbal as wat ons spelers is. Hulle stap ook die ekstra myl vir hul spanne. Wen is nie die belangrikste nie, maar eerder die ontwikkeling van vaardighede om elke dogter die speler wat sy kan wees, te maak.

Ons woon gereeld netbalkursusse by en gaan op netbalkampe. 

Die rugby-missie is nie net om goeie rugbyspelers te ontwikkel nie, maar ook om seuns voor te berei vir die lewe. Daar word gestrewe om hoë gehalte afrigting by St. Andrew’s primer te bied en kwaliteit afrigters betrokke te maak. Rugbyspelers kompeteer om Boland kleure te verwerf. By die graad R-seuns word vaardigheidsontwikkel gedoen.